Local news

Nege mense in hegtenis na plundery

Die pad is nou weer oop, maar motoriste word gemaan om steeds versigtig te wees. 

Die polisie het nege mense gister in hegetnis geneem nadat hulle in ‘n informele nedersetting ‘n winkel geplunder het.

Volgens Brigadier Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, staan dié nedersetting as ‘Serope” bekend.

“Daar is met kommer kennis geneem dat, ten spyte van ‘n pleidooi wat aan ouers gedoen is om te verseker dat kinders nie in kriminele betogings gebruik word nie, sommige kinders by Extension 11gesien is, waar hulle versperrings in die pad geplaas het en voertuie met klippe bestook het. Die polisie wil herhaal dat misdadigheid nie geduld sal word nie en dat diegene wat misdaad pleeg, swaar gestraf sal word,” het Mokgwabone gesê.

Volgens hom is die polisie steeds besig om inligting rondom verskeie ander winkels wat Promosa geplunder is in te samel.

“Die uitdaging is dat die winkel eienaars wat meestal buitelanders is, huiwerig is om verkalrings te gee,” het Mokgwabone gesê.

Hy het eienaars gemaan om verklarings af te lê sodat die polisie kan beter ondersoek instel.

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/local-news/2024/08/19/kyk-chaos-breek-in-promosa-uit/

Gister se betogings is glo oor die verhoging in elektrisiteit en munisipale dienste tariewe. Die N12 wat verby Ikageng verby gaan was was vir ‘n gedeelte van die dag in albei rigtings versper gewees. Die pad is nou weer oop, maar motoriste word gemaan om steeds versigtig te wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button