Local news

Potchefstroom nou by die see

Mense het die plasing vreeslik snaaks gevind.

Volgens ‘n Facebook-plasing wat hierdie week mense lekker laat lag het, is Potchefstroom nou by die see.

Mamane Aries, ‘n digitale skepper van Potchefstroom, het vandeesweek ‘n foto van ‘n plek by die see met die onderskrif “Ons pragtige Potchefstroom” geplaas.

Die plasing is vêr en wyd op al wat ‘n Noordwes groep is, gedeel. Mense het lekker gelag en gek geskeer op die plasings.

Barbara Ann Wessels het op Facebook gesê: “Weet jy Potch is in die binneland? Daar is nie ‘n oseaan nie.”

“Die 30% slaagsyfer se bewyse kom nou mooi uit. Sou die karakter dit nou waarlik glo? Hoop hulle gaan Desember almal Potch toe,” het Rossouw Leonie dLange Coetzee gesê.

“Wow, wanneer het die see sover binneland ingestoot. Het iemand dalk telefoon nommers van verblyf, kan sommer vinnig wegbreek vir ‘n naweek,” het Bonita Kleynhans op Facebook gesê.

Elize Le Roux Labusachagne het gesê sy trek sommer onmiddelik Potchefstroom toe.

Skermgreep van die plasing.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Smith

As a passionate journalist and photographer, I strive to tell meaningful stories through both words and images. With a keen eye for detail and a love for people and their stories, I aim to capture the heart of every moment and bring local news and community stories to life.

Related Articles

Back to top button