Local news
Gimmies vereer leerders by prysuitdeling
“Hierdie is ’n direkte weerspieëling van julle harde werk, Gimmie-guts en dissipline deur die jaar,” het die skool gesê.
Gimmies het hulle top presterende leerders op 9 en 10 Oktober tydens die skool se prysuitdeling vereer. Die prysuitdeling was opgedeel in twee dae. Die eerste aand was sport en kultuur en die ander aand was akademie. Ongeveer 900 pryse is tydens die Kunste- en Sportprysuitdeling toegeken.
“Hierdie is ’n direkte weerspieëling van julle harde werk, Gimmie-guts en dissipline deur die jaar,” het die skool gesê.
Oud-Gimmie hoofmeisie, Mariëtta Kruger, was gasspreker. Hierdie bekende radio- en televisiepersoonlikheid het ‘n mooi en inspirerende boodskap aan haar alma mater gelewer.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
















