Local news
Voertuig slaan aan die brand in Miederpark
Die oorsaak van die brand is nog nie vasgestel nie.
‘n Bakkie het gisteraand 20 Oktober in Viljoenstraat in Miederpark aan die brand geslaan.
Die voertuig het heeltemal uitgebrand en die brand is moontlik deur ‘n elektriese fout veroorsaak.
‘n Video van die bakkie wat brand is gisteraand op Potchefstroom First Responders se Facebook-blad gedeel. Die video is deur Mooirivier Beskerming geneem.
Mooirivier Beskerming, Afriforum en die brandweer was op die toneel.
Kyk na die video hier:
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



