Kyk watter paaie is toe vir marathon in Potch
Daar is 1600 deelnemers wat hierdie een van die grootste padwedlope in Potchefstroom maak.
Die Letsgo Potch 2024 maraton vind op Saterdag 26 Oktober plaas. Dit is die vierdie jaar wat die Letsgo Potch padwedloop plaasvind.
Die eerste atlete spring 05:30 weg en die wedloop eindig 11:30.
Borcherdstraat en Hoffmanstraat op die Bult sal gesluit wees tussen Vrydag middag 17:30 – Saterdag oggend 11:00.
Roete:
Die atlete gaan op in Esselen, links in Malherbe, links af in Rissik, links in Molen. Links in Gerrit Dekker, regs in Calderbank, om die damarea en terug na die Bult. Regs in Meyerstraat na Medi-Clinic en deur die weermag basis uit op Eleaser en dan weer uit en verby Medi-Clinic. Links in Vyncke, regs in Spioenkop wat dan weer in Rissik in beweeg. Links in Silver af tot by Meyerstraat, terug oor die brug na die CID park toe.
- Vermy die paaie met ‘n voertuig tot 11:30.
- Vermy die Meyer straat brug sovêr as moontlik tot 11:30 want die brug gaan gesluit wees tussen 05:00 en 09:00.
- JB Marks Verkeers departement en Mooirivier Beskerming sal op die brug teenwoordig wees.
Daar is 1600 deelnemers wat hierdie een van die grootste padwedlope in Potchefstroom maak. Verdere inligting sal volg met meer besonderhede oor al die paaie wat gesluit gaan wees.





