Local news

KYK: Voertuig brand buite Potchefstroom

Ontdek die voorval van 'n voertuigbrand op die R501 naby Potchefstroom op 26 Oktober 2024. Lees oor die vinnige reaksie van die brandweer en die huidige ondersoek na die oorsaak van die brand.

Op 26 Oktober 2024, omstreeks 18:55, het ‘n voertuig op die R501, ongeveer 10 km noord van Potchefstroom, op pad na Boskop, aan die brand geslaan. Volgens n ooggetuie het die vlamme vinnig versprei.

‘n Bestuurder wat op die R501 verby gery het, het Eric Stoch, Voorsitter van die Noordwes Sambreel Brandbeskermingsvereniging, onmiddellik gekontak. Stoch het gereageer deur die lede van die Potchefstroom Brandbeskermingsvereniging in die area en die plaaslike brandweerdiens te bel. “Ek is baie beïndruk met die toewyding en vinnige reaksie van die brandweer,” het Stoch gesê. “Hul reaksie het verseker dat die brand vinnig hanteer kon word, wat verhoed het dat die nabygeleë huis afbrand.”

Dit is egter jammer dat die voertuig heeltemal uitgebrand het. Die oorsaak van die voorval is tans onbekend. Stoch het aangedui dat verdere inligting later bekend gemaak sal word nadat ondersoeke afgehandel is.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button