Local news

Meer as 10 000 mense daag op in protes teen Bela-wetgewing

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, sê die Afrikaanse gemeenskap moet sy stem laat hoor.

Meer as 10 000 mense het vanoggend om 09:00 by die Voortrekker Monument in Eeufeesstraat, Pretoria bymekaar gekom in protes teen die Bela-wetgewing.

Die skare, almal geklee in oranje en wit, het in vrede vanaf die Voortrekker Monument na Freedom Park gestap waar die memorandum aan die regering oorhandig is. Verteenwoordigers die presidensie, van die departement van onderwys, sowel as as die minister was teenwoordig om die memorandum te ontvang.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, sê dit is die grootste optog van eie Afrikaanse gemeenskap sedert 1994.

“Mens raak ontsteld wanneer dit by mens se kinders kom. Los ons kinder suit. Los ons skole uit en los ons as ouers se magte in terme van beheerliggame uit.”

Kyk hier na videos van die dag:

Kyk hier na fotos van die dag:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button