GImmies het die provinsie se naam hoog gehou toe hulle onlangs teen Garsfontein in die Noordvaal kompetisie halfeindstryd gespeel het.
Dit was ‘n besonderse prestasie om so ver te vorder soos hulle het. Ongelukkig moes Gimmies Saterdag, met 68 lopies die knieg gebuig.
Volgens die span se afrigter, Wian Lubbe, het Gimmies goed terug geveg in die eerste beurt.
Garsfontein was 170/3 en ons kon hulle uitboul vir 208,” het Lubbe gesê.
Gimmies het tweede gekolf en sterk begin maar ‘n paar beslissings wat nie hulle kant toe gegaan het nie, het die koeël deur die kerk gesit.
Gimmies is uiteindelik vir 140 lopies uitgeboul.
“Ons is baie trots op die seuns en hulle veggees! Hulle het alles gelos op die veld en nie terug gestaan nie. Dit was n besonderse seisoen gewees,” het Lubbe gesê.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.