As jy vandag 4 Desember in Moorivier Mall in Potchefstroom loop, maak seker jy maak ‘n draai by NG Welsyn se stalletjie naby House & Home.
Hulle is vandag daar as deel van die 16 Dae van Aktivisme-veldtog teen geslagsgebaseerde geweld en staan op vir dié baie belangrike doel. Die span sal vanaf 10:00 daar wees.
Hulle beoog om ondersteuning en bewusmaking oor geslagsgebaseerde geweld te gebruik om ‘n verskil te maak.
Jy word genooi om jou solidariteit teen geweld te wys. Die ondertekening van ‘n belofte teen geweld teen vroue en kinders is die eerste stap.
Daar is ook ‘n selfie-raam, neem ‘n foto en deel dit op Facebook of Instagram. Moenie vergeet om hulle te tag nie!
NG Welsyn herinner almal aan die belangrikheid daarvan om voorvalle van verkragting, seksuele aanranding, gesinsgeweld of enige ander vorme van mishandeling aan te meld. Stilte help net die oortreders, nie die slagoffers nie.






