Gimmies lê klem op ontwikkeling in 2025
Volgens Kleingeld wil Gimmies elke speler met sterk tegniese vaardighede, fisieke fiksheid en geestelike veerkragtigheid bemagtig.
Volgens Gimmies se nuut aangestelde Direkteur van Rugby gaan ontwikkeling, op en van die veld af, die hoeksteen van Gimmies se rugby program wees.
“Die skool se rugbyprogram sal in 2025 baat by ‘n ryk geskiedenis van toewyding en harde werk, sowel as sterk gemeenskapsondersteuning en Gimmies se aspirasies sal daarop fokus om ons aansien binne ‘n mededingende liga te verbeter. Die idee van bevordering gaan egter nie vir ons oor ‘n opgeblase verwagting of oorvertroue nie – dit gaan oor ‘n verbintenis tot voortdurende verbetering, dissipline, ontwikkeling en om die elkeen van die geleenthede wat oor ons pad kom, te benut,” het Regardt Kleingeld, Direkteur van rugby, by Gimmies gesê.
Volgens hom wil hulle nie fokus op spesifieke spanne in die kompetisies nie.
“Ons glo dat ‘Success is where preparation meets chance’, enige iets kan op enige gegewe dag gebeur en jou sukses sal bepaal word deur hoe jy hierdie kans gebruik om die uitkoms en jou lot te bepaal. Wesvalia en Die Anker gaan moeilik wees in ide NWU reeks, maar ons fokus is op die Noordvaal kompetisie,” het hy verduidelik.
Volgens Kleingeld wil Gimmies elke speler met sterk tegniese vaardighede, fisieke fiksheid en geestelike veerkragtigheid bemagtig.
“Hierdie holistiese benadering tot spelerontwikkeling gaan nie net oor die onmiddellike toekoms nie, maar oor die grondslag lê vir volgehoue sukses in die komende jare,” verduidelik hy.
Gimmies sal vroeg in hull 2025 veldtog getoets word, in die NWU- reeks is beide Wesvalia en Die Anker in hulle poel. Dit gaan moeilike toetse so vroeg in die seisoen vir die Potchefstromers wees. Tog as die troepe goed voorbereid is, en goed in dié poel vaar, sal dit hulle ‘n hupstoot in die nOordvaal bowl afdeling gee.
Vir meer plaaslike rugy-nuus, uitslae en bepalings besoek
https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/local-rugby-hub/



