Local news

Vermiste hond uit meerkatgat gered

Dusty is met haar mense herenig.

Dusty, die Wire Haired Terrier, wat 8 Januarie omstreeks 16:00 naby Vencedor Trailers, op die Vereeniging-pad naby Atlantic Oil weggeraak het, is gevind

Joanita Walstrand en haar gesin se harte was stukkend toe Dusty weggeraak het terwyl die gesin gaan kamp het. Hulle het alles net so gelos en teruggekeer huis toe om na haar te soek. Hulle het tot ‘n belonging aangebied vir die persoon wat haar veilig aan hulle kon terugbesorg.

Sy het vier weke vantevore kleintjies gehad.

Dusty is Vrydag, 10 Januarie in ‘n meerkatgat, waarin sy vasgesit het, gevind.

“Sy is agter ’n meerkat aan en toe kon sy nie omdraai nie en die ander kant van die gat het ’n groot klip op gehad,” vertel Joanita.

Werkers wat haar hoor blaf het, het haar uit die gat probeer uithaal, maar toe die gesin daar kom, het hulle gesê die klip is te swaar om te verwyder. “Toe het ons die klip gaan help aftrek met ’n voertuig.”

Dusty is met haar mense herenig en hulle het haar Vrydagmiddag veearts toe geneem waar alles in orde was.

Die gat waarin Dusty gevind is.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Smith

As a passionate journalist and photographer, I strive to tell meaningful stories through both words and images. With a keen eye for detail and a love for people and their stories, I aim to capture the heart of every moment and bring local news and community stories to life.

Related Articles

Back to top button