Local news

KYK: Ouers ruk op by Promosa laerskool

Ouers wil 'n hoof hê wat uit die gemeenskap kom en die kinders en die skool ken.

Ouers van leerders by Promosa laerskool het Maandag, 13 Januarie voor die skool opgeruk en geweier dat enigiemand die skool se perseel betree.

Ouers voel die aanstellingsproses waarby die nuwe skoolhoof aangestel is, is onregverdig en wil hulle nie die nuwe skoolhoof daar hê nie. Die kandidaat wat deur die gemeenskap en die beheerliggaam voorgestel is, is nie in die posisie aangestel nie.

Ouers wil ‘n hoof hê wat uit die gemeenskap kom en die kinders en die skool ken. Ouers wil nie iemand van buite af aangestel hê nie.

Laasjaar het ouers ook op 11 Desember by die skool oor die aanstelling van die nuwe hoof, betoog.

Ouers weier volstrek om die situasie verder te aanvaar en dring daarop aan dat die LUR van die departement van onderwys hulle kom toespreek.

Hierdie is ‘n ontwikkelende storie.

Kyk hier na die video:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button