Local news
Kyk: Reddingspoging by kerk onderweg
"Ons sal 'n ambulans ontbied net om sy toestand te monitor sodra hy afgekom het," het Haefele gesê.

Die polisie en ander nooddienste is tans (14 Januarie) op ‘n toneel by die Metodiste kerk.
Dit nadat ‘n man op die dak vas gesit het. Die nooddienste probeer die man help wat sedert ongeveer 12:00 op die dak gestrand is.
Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, blyk dit of die man werksaam o pdie dak van die kerk was. Maar is nou te bang om by die dak af te klim.
Volgens Haefele wil die man nie selfmoord pleeg soos sommige mense vermoed het nie. Die Polisie en brandweer is besig om die man te help om veilig van die dak af te kom.
“Ons sal ‘n ambulans ontbied net om sy toestand te monitor sodra hy afgekom het,” het Haefele gesê.
*Hierdie is ‘n ontwikklende storie
Hy is gelukkig ongedeerd en stabiel
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.