Local news

Potchefstroom ma sterk aan na kanker-operasie

Alicia kan nou op haar herstel fokus.

Alicia van Wyk (37), ‘n Potchefstroom-mamma van twee jong kinders, wat April 2024 met borskanker gediagnoseer is, sterk by die huis aan na sy op 10 Januarie ‘n dubbele mastektomie ondergaan het.

Alicia vertel die mat is in April onder haar uitgeruk toe sy ‘n knop in haar bors opgespoor het.

“My hele lewe het daardie oggend verander. Ek het die oggend opgestaan, my bors was seer en toe voel ek ‘n knop. Ek het ‘n afspraak by my huisdokter gemaak, waar sy my ondersoek en vir ‘n mammogram gestuur het. Die mammogram is gedoen en ‘n sonar is ook dieselfde dag gedoen. Ek was bang, want ek het geweet ek gaan iets hoor wat ek nie wil hoor nie. Die dame wat die sonarvideo gedoen het, het die dokter gebel en dit is hoe die nuus gebreek het dat ek kanker in albei my borste het. Ek is gediagnoseer met xxx Negatiewe Hoë Risiko borskanker.”

Dit is waar die lang pad van behandeling vir Alicia begin het. Maande se bloedtrek, chemo en behandeling het vir haar voorgelê. Na verdere ondersoeke en toetse, het hulle besef die knop in haar bors het groter geword en het die tyd aangebreek wat sy vir ‘n dubbele mastektomie moes gaan.

Alicia vertel sy was vir 5 ure en 20 minute in die teater. Alhoewel alles goed verloop het en sy nou net op haar herstel kan fokus, het sy steeds baie pyn.

Sy het ook egter steeds astronomiese medieserekeninge wat betaal moet word. Sy het voor haar operasie, kinders se skoolboeke oorgetrek om geld in te samel vir haar mediesekostes.

Indien jy ‘n donasie wil maak om haar met haar mediesekostes te help, kan jy by haar BackaBuddy skenk: https://www.backabuddy.co.za/campaign/fight-4-life~2

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Smith

As a passionate journalist and photographer, I strive to tell meaningful stories through both words and images. With a keen eye for detail and a love for people and their stories, I aim to capture the heart of every moment and bring local news and community stories to life.

Related Articles

Back to top button