Local news

Van pakkies aflewer tot lewensredder

Laurika sê die situasie kon baie tragies geëindig het.

Elke ouer weet hoe vinnig ‘n ongeluk kan gebeur. Soms draai jy jou rug net vir vyf sekondes dan kry jou kind seer. Ander kere kry hulle sommer voor jou oë seer. Meeste kere is daar niks wat jy daaraan kan doen nie.

In een familie se geval het ‘n fratsongeluk so vinnig gebeur dat as dit nie vir ‘n baie brawe Takealot-drywer was nie, kon dinge baie erger uitgedraai het.

Laurika Entres van Potchefstroom vertel Boitumelo Ponch (25), ‘n drywer by Takealot, het haar kleinseun uit die kake van die dood gered. Die ongeluk het op ‘n doodnormale dag in Grimbeeckstraat gebeur en Boitumelo was per toeval daar om ‘n pakkie af te lewer.

“My dogter, Melissa van Nierkerk en my kleinseun, Eubert Munnik van Niekerk (4), van Klerksdorp het vir ‘n tydjie by my in Potchefstroom gekuier. Sy het ‘n paar goedjies by Takealot bestel. Op 25 Oktober verlede jaar het Boitumelo voor ons huis gestop om die pakkie af te lewer.”

Wat Laurika en Melissa nie besef het toe hulle die hek oopdruk nie, is dat klein Eubert Munnik op die hek gestaan het.

“Die hek het vir Eubert Munnik heeltemal ingetrek en hom begin vasdruk. Boitumelo het net daar van sy motorfiets afgespring, dit net daar gelos en gehardloop om hom te help. Boitumelo kon hom red voordat hy te ernstig seergekry het,” vertel Laurika.

Hy is onmiddellik ongevalle toe geneem. Hy het ‘n neus fraktuur, gebreekte ribbes en baie bloukolle en skrape tydens die insident opgedoen.

Laurika sê die situasie kon baie tragies geëindig het.

“Ons dank die Here vir Boitumelo se onbaatsugtige hulp daardie dag. Ons sal vir altyd dankbaar bly.”

Leandro de Beer van Potchefstroom First responders het aan Boitumelo ‘n sertifikaat en medalje van waardering oorhandig.

Potchefstroom First responders het ook ‘n medalje van dapperheid aan Eubert Munnik oorhandig.

Eubert Munnik het ook aan Boitumelo ‘n donasie oorhandig om dankie te sê vir wat hy vir hom gedoen het.

‘n Skermgreep van waar Boitumelo vir Eubert Munnik red.
Eubert Munnik oorhanding ‘n donasie aan Boitumelo.
Leandro de Beer van Potchefstroom First Responders oorhandig aan Boitumelo en Eubert Munnik ‘n sertifikaat en medaljes vir die brawe daad.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button