Tokkies kondig hoofleiers vir kwartaal een aan
Die skool is baie trots om sy hoofleiers bekend te stel.
Laerskool Mooirivier het die skool se hoofleiers van die eerste kwartaal vir 2025 bekendgestel.
“Baie geluk aan hierdie Tokkies wat verkies is as Kwartaal 1 se hoofleiers. Mag elke oomblik vir julle ‘n ongelooflike ervaring wees en mag jy jou leiers-eienskappe uitleef,” het die skool in ‘n verklaring gesê.
Sonja Coetzer-Nel, ‘n trots oud-Tokkie onderwyser, het ook ‘n pragtige boodskap aan die hoofleiers geskryf.
“Baie geluk aan hierdie Tokkies. Geniet dit, maak ń verskil, en groei in jouself deur diensbaar te wees. Hierdie is die eerste tree op julle pad van leierskapontwikkeling en dalk ook die begin van toekomstige leierskapsposisies! Hierdie kwartaal gaan jou leer en laat ervaar dat jy met vrymoedigheid voor mense kan praat, optree, besluite moet neem en die voorbeeld moet stel wat ander na opkyk en graag wil navolg. Baie liefde en sterkte!”
Hier is die hoofleiers:
Graad 7-2: Mienke Rutherford en Adriaan Kruger
Graad 7-5: Alrike Hattingh en Marnó Hattingh
Graad 7-12: Joné Bibbey en Armand Volschenk
Graad 7-33: Suné Enslin en Christiaan Liebenberg



