Local news

Tokkies kondig hoofleiers vir kwartaal een aan

Die skool is baie trots om sy hoofleiers bekend te stel.

Laerskool Mooirivier het die skool se hoofleiers van die eerste kwartaal vir 2025 bekendgestel.

“Baie geluk aan hierdie Tokkies wat verkies is as Kwartaal 1 se hoofleiers. Mag elke oomblik vir julle ‘n ongelooflike ervaring wees en mag jy jou leiers-eienskappe uitleef,” het die skool in ‘n verklaring gesê.

Sonja Coetzer-Nel, ‘n trots oud-Tokkie onderwyser, het ook ‘n pragtige boodskap aan die hoofleiers geskryf.

“Baie geluk aan hierdie Tokkies. Geniet dit, maak ń verskil, en groei in jouself deur diensbaar te wees. Hierdie is die eerste tree op julle pad van leierskapontwikkeling en dalk ook die begin van toekomstige leierskapsposisies! Hierdie kwartaal gaan jou leer en laat ervaar dat jy met vrymoedigheid voor mense kan praat, optree, besluite moet neem en die voorbeeld moet stel wat ander na opkyk en graag wil navolg. Baie liefde en sterkte!”

Hier is die hoofleiers:

Graad 7-2: Mienke Rutherford en Adriaan Kruger
Graad 7-5: Alrike Hattingh en Marnó Hattingh
Graad 7-12: Joné Bibbey en Armand Volschenk
Graad 7-33: Suné Enslin en Christiaan Liebenberg

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Smith

As a passionate journalist and photographer, I strive to tell meaningful stories through both words and images. With a keen eye for detail and a love for people and their stories, I aim to capture the heart of every moment and bring local news and community stories to life.

Related Articles

Back to top button