Local news

Van die redakteur: Berig oor betoging by skool onketen rasseherrie

Dit is jammer dat die diskoers 'n rasse geur gekry het.

‘n Berig wat onlangs deur die Herald geplaas is, oor die betoging van ouers teen die aanstelling van die nuwe hoof by Laerkool Promosa het in ‘n rasseherrie op Facebook ontaard.

Lees die berig hier:

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/local-news/2025/01/14/kyk-ouers-ruk-op-by-promosa-laerskool/

Om mee te begin, aanvaar ek as die redakteur van die Herald verantwoordelikheid dat ons nie die kommentaar meer deeglik dop gehou het nie. Vroeer aksie sou waarskynlik die herrie in die kiem smoor.

Die Herald verwerp onomwonde enige uitlatings wat rassisties van aard is. Dit is ook nie die gees waarin die berig geskryf of gepubliseer is nie. Elke persoon het ‘n reg om vreedsaam te betoog, dit is ‘n reg wat in ons land se wette opgeneem is. Die vreedsame betoging wat deur die ouers uitgevoer is, het sover bekend geen skade verrig nie.

As mense die berig gelees het, word die kinders ook nie gekeer om skool toe te gaan nie. Die gemeenskap soek antwoorde van die beamptes wat die besluite neem. Ek glo elke ouer sal graag wil weet waarom ‘n hoof by ‘n skool aangestel was. Dit het ‘n direkte invloed op ons kinders se skoolervaring.

Dit is jammer dat die diskoers ‘n rasse geur gekry het. Die Herald ondersteun gesonde debat en verskillende opinies, ons ondersteun ook sonder voorbehoud, inwoners se vryheid van spraak.

Ongelukkig vir mense wat met die kleurkaart in die mou wil debat voer, kom hierdie vryheid van spraak met sekere verantwoordelikhede. Vryheid van spraak beteken nie jy kan onbepaald sê en skryf wat jy wil nie. Behalwe wat in die wette vervat word, is dit eintlik absurd om kommentare soos,

“Wit mense sal dit nie doen tipies barbare” is nie net kommerwekkend nie, maar eintlik belaglik.

Dit is net so belaglik soos om te sê dat alle witmense rassisties is, wat uit die aard van die saak nie die geval is nie.

Mense is mense, mense het probleme, nie omdat hulle wit of swart of bruin is nie. Kom ons dink mooi voor ons van ander praat, probeer jouself eers in iemand se skoene indink voor ons oordeel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button