Local news

Gemengde resultate vir Gimmies in Finsbury

Gimmies het teen Hans Moore gewen, maar hulle veldwerk het hulle teen Kempies in die steek gelaat.

Gimmies se 1ste XI het hard baklei om ‘n 36 lopie oorwinning teen die gevaarlike Hans Moore in die Finsbury B-liga te beklink.

Gimmies het eerste gekolf waarna hulle 237/7 in hulle 50 beurte aangeteken. Gimmies se boulers en veral, Tlhoni Thabatha, het die Hans Moore kolwers almal uitgehaal vir 201. Thabatha het vier paaltjies geneem.  Caiden Seleka teken 67 lopies aan, Lukas Kotze 53 en Christian Coetzer 37.
Volgens Jandré Jacobs, Direkteur van Krieket by Gimmies, was vir Gimmies ‘n groot wen en hulle is dankbaar dat hulle hom kon deurtrek.
“Ons het met die kolf ‘n baie goeie begin gehad Caiden Seleka en Christivan Coetzer het vir ons ‘n goeie fondasie gelê van 111/0 na 20 beurte. Ek voel ons moes verseker meer lopies gehad het as wat ons het. Ek is baie bly dat die seuns dit kon deurtrek,” het Jacobs verduidelik.
Hans Moore het verlede die Noordvaal kompetisie gewen en ook groot oorwinnings teen Gimmies in 2024 behaal. Dit wys die goeie vordering wat Gimmies se besig is om te maak.
In Gimmies se tweede Finsbury kragmeting, die afgelope Saterdag, het Gimmies vir Kempton Park na Potch verwelkom. Kempies het hierdie kragmeting met 70 lopies gewen. Kempies het eerste gekolf en kon 312/3 in hulle 50 beurte bymekaarmaak. Kempies het die Potchefstromers vir 242 uitgehaal.
Volgens Jacobs was dit ‘n moeilike dag vir Gimmies. “Ons veldwerk het ons in die steek gelaat. Ons het sewe vangskote gemis,” het Jacobs vertel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button