Local news

Suid-Afrikaanse weerdiens deur kuberkrakers geteiken

Intussen word die publiek aangeraai om op die SAWD se sosiale media-platforms staat te maak vir weerinligting.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) se Inligting- en Kommunikasietegnologie (IKT)-stelsels is Sondagaand, 26 Januarie deur kuberkrakers geteiken.

“Aspekte van kritieke dienste is onderbreek. Boonop is die SAWD se e-posstelsel en webwerf, wat die middelpunt van kritieke weerinligting is, geraak. Alternatiewe maniere om belangrike inligting soos die weervoorspellings te versprei, is egter in plek gestel,” het die weerdiens in ‘n verklaring gesê.

Die SAWD se IKT-diensverskaffers was sedert die aanval op die toneel om nie net die oortreding te ondersoek nie, maar ook om tussentydse en langtermyn maniere te ondersoek om die ineengestorte stelsels en uiteindelik dienste te herstel.

Intussen word die publiek aangeraai om op die SAWD se sosiale media-platforms staat te maak vir weerinligting.

Die SAWD is in die proses om die kriminele daad by die relevante owerhede aan te meld.

Die aanval was die tweede in die tydspan van twee dae nadat die aanvanklike poging op die aand van Saterdag, 25 Januarie misluk het.

Jy kan die weer hier kry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button