Volkies gaan Woensdag by die skool bloedskenk. Jy kan ook bloed gaan skenk en ‘n lewe red.
Hoër Volkskool nooi almal wat wil bloed skenk uit om Woensdag, 29 Januarie in die skoolsaal te gaan bloed skenk.
So kan jy die skool help om ‘n verskil te maak en so ook ‘n lewe red.
Hoekom moet ek bloed skenk?
- Jou bloed kan lewens red.
- ‘n Eenheid van bloed kan tot en met drie lewens red.
- Swanger vroue het soms tydens swangerskap en geboorte bloed nodig.
- Babas wat vroeg gebore word, het soms bloed nodig.
- Mense wat in motorongelukke seerkry het soms bloed nodig.
- Chirurgie en kankerpasiente het soms bloed nodig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



