‘Replika’ geweer tydens gewapende roof gebruik
’n Replika-vuurwapen is in die voertuig gevind.

‘n Student is Vrydag, 7 Februarie omstreeks 06:30 in Beyers Naudestraat met ‘n ‘vuurwapen’ beroof.
Die verdagtes het in ‘n voertuig van die toneel gevlug. ‘n Beskrywing van die voertuig en die algemene rigting waarin die voertuig gevlug het, is aan Mooirivier Beskerm deurgegee.
“Omstreeks 09:50 het een van ons reaksiebeamptes die verdagte se voertuig by die ingang van Riverwalk Mall opgespoor. Die reaksiebeampte het dadelik opgetree en die voertuig vasgekeer om te verhoed dat dit ontsnap. Die SAPD het binne minute op die toneel aangekom en een verdagte in hegtenis geneem. Die individu wat die student vroeër beroof het, was egter nie in die voertuig nie. ’n Replika-vuurwapen en die voertuig se oorspronklike nommerplate is in die motor ontdek,” het die sekuriteitsfirma in ‘n verklaring gesê.
Kyk hier na die video:
