Local news

Potchefstroom danser op pad na New York

Tans doen sy hierdie jaar haar honneurs in Maatskaplike werk.

Anellé Arbuckle (21), oud-Gimmie en NWU-student, het die geleentheid van ‘n leeftyd losgeslaan om deel van die SA dansspan te wees wat Suid-Afrika in New York in Julie vanjaar gaan verteenwoordig.

Gebore in Windhoek, Namibië het sy saam met haar gesin na Potchefstroom toe verhuis toe sy een jaar oud was.

Anellé vertel sy het toe sy 10 jaar oud was, ‘n dans-naskool bygewoon en dit is waar haar liefde en passie vir dans begin het.

“Ek het van daar af, al wat ‘n dans-fliek is gekyk en ontelbare ure geoefen.”

Vanaf 2013 wat Anellé 11 jaar oud geword het, het sy trofee op trofee, toekenning op toekenning en kompetisie op kompetisie gewen. Onderandere het sy Suid-Afrika in 2014 in Barcelona, Spanje by die Europese Grand Prix Danskampioenskappe verteenwoordig. Sy het ook Suid-Afrika oor die jare in Spanje en Florida verteenwoordig. Sy sou ook na Poland en Frankryk reis, maar moes weens ‘n blindederm operasie kanselleer.

Sy was in Potchefstroom Gimnasium vir twee jaar in ‘n ry as Beste Kultuur Presteerder gekies. Sy het ook by die NWU se Varsity Cup die choreografie vir die 20 jaar herdenking van die kampus gedoen.

Tans doen sy hierdie jaar haar honneurs in Maatskaplike werk, terwyl sy ook tydelik werk om te help om geld bymekaar te maak om New York toe te kan gaan.

“Dit is die beste geleentheid ooit. Ek wou nog altyd New York toe gaan. Ek sal alles in my mag doen om hierdie droom ‘n werklikheid te maak,” vertel Anellé.

Die bedrag wat Anellé moet betaal om haar droom van New York waar te maak, is egter astronomies groot. Sy het net kans tot die 31ste Mei om ongeveer R120 000 te betaal.

Anellé vertel sy studeer Maatskaplike werk omdat sy graag mense wil help, maar sy is ook net so lief vir dans. Sy is ook lief vir teken, sport en droom daarvan om eendag in die toekoms haar eie koffiewinkel te besit.

Indien jy vir Anellé wil help om haar droom waar te maak, kan jy haar by 072 478 6703 of haar ma, Lazellé by 082 086 2158 skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button