Paaie onder water na dae se reën
Verskeie ongelukke het tydens die laaste paar dae weens nat paaie plaasgevind.
Groot dele van die Noordwes se paaie was Dinsdag, 18 Februarie oorspoel na dae se aanhoudende reën. Die N12 tussen Potchefstroom en Klerksdorp was op plekke oorstroom.
Daar was ook oorstromings voor Ikageng, by OMV Crushers naby Stilfontein. Die pad vanaf Promosa na Mohadin was heeltemal oorstroom.
Motoriste was gemaan om versigtig te wees, veral omdat reuse slaggate nie gesien kon word nie. Paaie het vinnig versleg weens die aanhoudende reën.
Verskeie ongelukke het tydens die laaste paar dae weens nat paaie plaasgevind.
Potchefstroom-hospitaal se ingang was heeltemal oorvloed en pasiënte het Woensdagoggend steeds gesukkel om deur die water toegang tot die hospitaal te kry.
Promosa Sekondêr se perseel het ook Dinsdag oorstroom. Potchefstroom het op party plekke soveel as 110mm tot 130mm reën gemeet.
Reën is egter vir die hele week tot en met Sondag, 23 Februarie voorspel.






