Local news

Broodwinner te swak vir operasie

Hy kon sedertdien nie werk nie en teen Februarie was sy siekverlof reeds uitgeput.

Jos Wahl (44), wat November 2024 van perdfris en gesond tot dodelik siek in die kwessie van ‘n dag gegaan het, is nou te swak om verdere mediese hulp te ontvang.

Jos is in hierdie stadium die enigste broodwinner in sy huis. Sy vrou moet egter nou permanent na hom omsien.

Jos het 27 November 2024 ‘n snaakse brandgevoel op sy maag begin kry, wat die begin van maande se leiding en operasies was.

Hy kon sedertdien nie werk nie en teen Februarie was sy siekverlof reeds uitgeput. Die gesin het aansoek vir UIF gedoen, maar die proses neem baie lank. Intussen het hulle agter geraak met hul huur en sukkel om kos op die tafel te hou.

Tshepong-hospitaal sou op 19 Maart ‘n sak wat bloed inhou, net onder sy ribbes, dreineer, maar die prosedure kon nie gedoen word nie omdat Jos se liggaam dit nie in die huidige toestand kan hanteer nie.

“Ons was weer twee keer by Tshepong-hospitaal. Hulle kan hom nie help om die dreinering te doen nie. Hy is eenvoudig net te swak en om dit te dreineer is baie gevaarlik. Die kans dat sy diafragma raakgesteek kan word is groot,” vertel Francis, Jos se vrou.

“Ons het intussen weer teruggegaan na Potchefstroom-hospitaal, net om seker te maak. Hulle het ons vir die 24ste April geboek vir ‘n CT-skandering om te besluit wat hulle van daar af gaan doen. Die breuk in sy maag moet ook reggemak word, so dit sal ook na die skandering besluit word. Vir tyd en wyl is hy te swak vir enige prosedures.”

Indien jy ‘n bydra wil maak om die gesin te help om weer op hul voete te kom, kan jy ‘n donasie maak by https://www. backabuddy.co.za/campaign/jos-wahl

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button