Met die aanhoudende reën en oorstromings, is dit belangrik om te weet wat om te doen om in ‘n voel veilig te bly.
Hier is ‘n paar wenk:
- Ontkoppel elektriese toestelle as jou huis oorstroom het.
- Moenie probeer om vloeiende waterbronne soos riviere oor te steek nie. Al wat nodig is, is 15 cm vinnig vloeiende water om jou af te slaan en genoeg te wees vir jou om nie weer op die been te kom nie.
- Moenie oor laagliggende brûe ry wat oorstroom het nie. Al wat nodig is, is 30 cm vloeiende water om die gemiddelde gesinsvoertuig te beweeg.
- Bly weg van kraglyne en elektriese drade.
- Ontruim onmiddellik oorstroomde gebiede.
- Gee aandag aan weerwaarskuwings en mediakennisgewings.
- Wanneer noodgevalle aangemeld word, verskaf presiese liggingbesonderhede om te verseker dat hulp so gou moontlik gestuur kan word.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



