Local news

Seun sterk aan na krokodil-aanval

Hy is sedertdien in ‘n privaat hospitaal in die pedriatiese intensiewesorgeenheid opgeneem.

Johandré Blom (7) wat se arm op 21 Maart deur ‘n krokodil afgebyt is toe hy in vlak water by Emanzini, naby Brits gespeel het, sterk in die hospitaal aan.

Hy het Vrydag, 4 April ‘n operasie ondergaan.

“Als het goed afgeloop. Hy het seer gehad na die operasie maar die dokters het hom mooi pyn blok gegee wat mooi help,” het Johandré se gesin in ‘n plasing op die Johandré Blom Support page gesê.

“Hy herstel ongelooflik vinnig volgens die dokters. Die wonde op sy ribbekas is amper toe. Die een wat nog klein bietjie oop is, sal hulle Maandag, 7 April ‘n vel oorplanting op doen.”

“Die skouer lyk baie goed en as die infeksie so laag bly oor die naweek sal hy Maandag ook toe gemaak word met ‘n vel oorplanting. Hy was die week ook bietjie buite en het lekker vars lug gekry en rond gery in die rolstoel,” gaan die plasing voort.

Johandré was saam met sy ouers, Corné en Amanda, by ‘n visvangoord en het saam met ‘n maat gespeel toe die voorval plaasgevind het. Johandré se maat het hom van die krokodil probeer wegtrek, waarna Corné ingespring het om te help. Die krokodil het met Johandré en Corné in die rondte gedraai en toe hulle kon loskom, was Johandré se arm weg.

Hy is sedertdien in ‘n privaat hospitaal in die pedriatiese intensiewesorgeenheid opgeneem.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Smith

As a passionate journalist and photographer, I strive to tell meaningful stories through both words and images. With a keen eye for detail and a love for people and their stories, I aim to capture the heart of every moment and bring local news and community stories to life.

Related Articles

Back to top button