SportSport

NWU se jong kanonne reg vir ‘dog fight’ teen Ikeys

"Dit gaan hard wees, dit gaan 'n 'dog fight' wees. maar dit is mos waaroor dit gaan, dit is waaroor ons oefen,"

Die NWU se Young guns, speel vanmiddag teen Ikeys in die halfeindstryd van die Young Guns kompetisie.

Die Potchefstromers het nog net een wedstryd in vanjaar se toernooi verloor, en sal die kans om in nog ‘n eindstryd te speel met albei hande aangryp.

Wedstryde wat in nat weer gespeel word is altyd ‘n gelykmaker, iets wat die NWU aan dink voor hulle vir Ikeys in Potchefstroom verwelkom.

“Dit is bietjie van ‘n lotery as dit so reën. Ons sal moet slim speel en op die regte plekke op die veld speel,” het Hannes Esterhuizen, hoofafrigter van die NWU se Young guns, gesê.

Volgens Esterhuizen is dit elke keer ‘n naelskraap affêre wanneer die NWU en Ikeys in ‘n halfeindstryd teen mekaar speel.

“Dit gaan hard wees, dit gaan ‘n ‘dog fight’ wees. maar dit is mos waaroor dit gaan, dit is waaroor ons oefen,” het Esterhuizen gesê.

Die NWU se young Guns, is op koers om ‘n sogenaamde ‘three peat’ te verower, indien hulle vanjaar weer die Young Guns toernooi wen, sal dit hulle derde een agter mekaar wees, nadat hulle die kompetisie in 2023 en 2024 ook gewen het.

Vanmiddag se wedstryd skop om 16:00 op di Fanie du Toit sportgronde af. Toegang tot die wedstryd is gratis.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button