‘n Plaaslike uithou wedrenjaer het onlangs as algehele wenner van die Sarona Kalahari 1000 uitgetree.
Dewald van Breda, ‘n bekende in die uithou wedren sirkels het saam met sy mede-bestuurder Adriaan Roets met die louere weg gestap. Dié wedren is deel van die ‘Botswana Off-Road Racing Championship’.
Volgens Van Breda, was dit ‘n taai wedren, teen ‘n pragtige agtergrond.
“Jy moet jou kop neersit en aanhou veg. Jy kan nie ontspan nie, die bos in Botswana onvergewensgesind, as jy nie aanhoudend konsentreer nie, is jy in ‘n boom vas,” het hy gesê.
Die span se volgende wedren is op 10 – 11 Mei by Midvaal
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



