Potchefstromers blink uit by Noordwes Duathlon
Die NW Duathlon kampioenskappe is op Saterdag 12 April in Orkney gehou.
Drie leerders van Potchefstroom het laas naweek by die Noordwes Duathlon uitgeblink.
Duathlon is ‘n drie-been hardloop-siklus-hardloop-uithouvermoë-byeenkoms, met verskillende afstande vir verskillende ouderdomsgroepkategorieë.
Die NW Duathlon kampioenskappe is op Saterdag 12 April in Orkney gehou.
Atlete van Potchefstroom het in die verskillende kategorieë hul weg na die podium gevind.
Lea Malherbe van Laerskool Mooirivier, was tweede in die dogters o.13 supersprint-afstand.
Wihan Strydom van Potchefstroom Gimnasium, het ook aan die supersprint kategorie deelgeneem en was die tweede o.15-seun.
Tihard Strydom van Potchefstroom Gimnasium, het derde geëindig in die o.19-seunswedloop oor die Sprint-afstand.
Die deelnemers het Saterdag meegeding om plekke in die span om NW Provinsie te verteenwoordig in die SA Duathlon Kampioenskappe, wat op 12 Julie in George sal plaasvind.






