Local news

Pa en seun op pad na Wêreldkampioenskappe

Hy het as klein seuntjie van net twee jaar oud, saam met sy pa begin boogskiet.

Chian Crous (8), ‘n leerder van Baillies, neem hierdie jaar deel aan die 3D Wêreldkampioenskappe. Wat hierdie geleentheid nog meer spesiaal maak, is dat hy saam met sy pa, Mynhardt, gaan deelneem.

Hy skiet vir Suid-Afrika se Cubs o13 Compound bow Free Style, waar hy die jongste van 560 deelnemers is. Die wêreldkampioenskappe word vir die derde keer in Potchefstroom by die Elgro River Lodge gehou en sal vanaf 29 April tot 2 Mei plaasvind. Die prysuitdeling sal op 3 Mei gehou word.

Chian se ma, Laumé, vertel Chian het ‘n groot liefde vir sport.

“Hy het sy hart daarop gesit en nou is daar geen keer nie. Hy het as klein seuntjie van net twee jaar oud, saam met sy pa begin boogskiet. Mynhardt het vir Chian saamgeneem na kompetisies en so het die liefde vir boogskiet begin. Hierdie is ‘n baie spesiale jaar waarby pa en seun saam by die wêreldkampioenskappe gaan boogskiet.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Smith

As a passionate journalist and photographer, I strive to tell meaningful stories through both words and images. With a keen eye for detail and a love for people and their stories, I aim to capture the heart of every moment and bring local news and community stories to life.

Related Articles

Back to top button