Tweede Amateur Kunstenaar uitstalling in Potchefstroom gehou
Dus bied hierdie uitstalling die perfekte geleentheid om plaaslike kunstenaars te ondersteun.
Die tweede Amateur Kunstenaar uitstalling word van 14 April tot 23 Mei by die Potchefstroom Museum en Kunsgalery uitgestal.
“Ons skep weer ‘n ondersteunende platform vir amateur kunstenaars,” vetrel Pieter Marais van UNIPROP Real Estate.
“‘n Amateur kunstenaar is iemand wat nie voltyds kuns skep as ‘n beroep nie, en wie se inkomste nie hoofsaaklik uit kunsverkope bestaan nie. Hierdie talentvolle individue het beperkte blootstelling in die kunswêreld en het nog nie solouitstallings gehou nie.”
Dus bied hierdie uitstalling die perfekte geleentheid om plaaslike kunstenaars te ondersteun.
“Ons is verheug om saam met Mev. Miems Lampbrecht te werk en beoog om meer as 100 asemrowende kunswerke van ons plaaslike talentvolle kunstenaars te versamel,” gaan Pieter voort.
Die museum is op die hoek van Gouws- en Wolmaransstraat en is oop Maandae tot Vrydae tussen 9:00 en 16:00.









