Local news

Afrikaans Word 100: Is dit nie tyd vir ’n nuwe verjaarsdagliedjie nie?

Vier 100 jaar van Afrikaans met ritme! Help skryf ’n nuwe verjaarsdaglied wat jonk en oud laat saam sing.

Afrikaans het ’n buitengewone mylpaal bereik – ’n volle 100 jaar as ’n amptelike taal van Suid-Afrika. Dis nie net ’n rede vir feesviering nie, dis ’n geleentheid om ons kultuur en identiteit met nuwe energie te vier.

Maar kom ons wees eerlik – wanneer laas het jy regtig opgewonde geraak om “Veels Geluk Liewe Maatjie” te sing? Op 8 Mei het gesprekke begin broei: Is dit nie dalk tyd vir ’n nuwe verjaarsdagliedjie wat die hartklop van vandag se Afrikaanse gemeenskap weerspieël nie? Een wat ’n nuwe generasie trots laat voel om in Afrikaans te vier?

Virseker sê: “JA! Ons wil nie net deel wees van die viering van Afrikaans se 100ste jaar nie – ons wil help vorm gee aan die volgende 100. Daarom loods ons ’n landswye veldtog om ’n splinternuwe Afrikaanse verjaarsdagliedjie te skryf,” sê Morné van Emmenes, Hoof van Bemarking by Virseker. “Een wat jol, dans en die taal se kreatiewe gees vier. ’n Liedjie wat jou storie kan vertel.”

Afrikaans is uniek, lewendig en groeiend – en die taal se verjaarsdagliedjie moet dit weerspieël. Hierdie liedjie moet ‘n deel van mense se lewens word, iets wat jong en oud met trots kan saam sing.

Of jy nou ’n digter, rapper, musikant, skoolkind of net ’n Afrikaanse liefhebber is – stuur vir Virseker jou woorde, idees, lirieke, rympies of selfs ’n tune. Neem ’n video op, fluit ’n wysie, of skryf sommer net iets wat vir jou lekker Afrikaans klink. Die enigste reël? Dit moet jou hart laat sing. Daar is nog ’n bietjie ekstra pret: deur deel te neem staan jy ook ’n kans om lukrake geskenkpakke en inkopiebewyse te wen!

“Ons het ’n ongelooflike paneel van Afrikaanse kunstenaars gereed om jou te inspireer – insluitend bekende name soos Sonja Herholdt, Early B, Karen Zoid en Anton Goosen. Hulle sal later help kies watter voorstelle in finale liedjies verwerk word,” sê van Emmenes.

Besoek https://www.virseker.co.za/onsverjaar/ vir wenke, inspirasie en jou kans om deel te wees van hierdie unieke musiekbeweging. En terwyl jy daar is – hoekom nie sommer ook inteken vir ’n terugbel of ’n vinnige kwotasie van Virseker nie? Dit vat net ’n paar sekondes – en dalk spaar jy meer as net ’n liedjie!

Laat Afrikaans se verjaarsdaglied van die toekoms begin met jou idee. In Afrikaans. Vir Afrikaans.

#Virseker100 #OnsVerjaar

Instagram: @Virseker

TikTok: @Virseker

Facebook: @Virseker

https://www.youtube.com/user/VirsekerTV

MEER OMTRENT VIRSEKER:

Virseker is reeds vir meer as 14 jaar lank Suid-Afrika se eerste en enigste trots Afrikaanse korttermynversekeringsproduk – een wat seker maak dat alles van jou voertuig, karavaan en sleepwa tot jou huis, huisinhoud, sakeonderneming en selfs jou troeteldiere voldoende verseker is. Hulle is ook onlangs aangekondig as die beste korttermynversekeraar vir kliëntediens en -ervaring in die gesogte Ask Afrika Orange Index® – ‘n maatstaf wat reeds vir 23 jaar die mees omvattende en wyd aangehaalde in die bedryf is.

Vir meer as 14 jaar gaan Virseker ook ‘n stap verder as topklas diens en versekering. Met die hulp van hul polishouers, het hulle reeds meer as R171 Miljoen uitbetaal aan die ondersteuning en behoud van Afrikaans, Afrikaanse onderrig en die gemeenskap.

‘n Deel van elke premie wat Virseker ontvang word toegeken aan die Virseker Trust, wat verskeie inisiatiewe ondersteun, wat onder andere die volgende insluit:

  • Befondsing vir rentevrye studielenings, met meer as 290 studente wat al hierby kon baat
  • Akademia en Die Kampus Trust, waar Afrikaanse kapitaal help bou het aan ‘n wêreldklas Afrikaanse hoëronderwysinstelling sonder winsoogmerk. Skenkings dra by tot die ontwikkeling van nuwe kwalifikasies, die suksesvolle uitrol van programme, die aanstelling van passievolle personeel, asook die bou van ʼn omvattende residensiële kampus.
  • Die Solidariteit Helpende Hand studiefonds – ‘n geregistreerde openbare weldaadsorganisasie wat behoeftige Afrikaanse studente se studies moontlik maak deur middel van rentevrye studielenings. Die fonds administreer tans meer as 200 onafhanklike studiefondse namens verskeie donateurs en het reeds meer as 11 000 toekennings aan 4750 behoeftige studente gemaak – ‘n totaal van R277 miljoen.
  • Die Afrikaanse Taalraad wat Afrikaans en al sy variëteite bevorder. Die ATR fasiliteer, skep netwerke en koördineer taalaksies met ander taalorganisasies, akademici, gemeenskapsleiers, kerkleiers, skole ens. om taaluitdagings op te los.
  • Die Skole Ondersteuningsentrum (SOS) – ’n nie-winsgewende organisasie met die doel om gehalte-onderwys meer bekostigbaar en toeganklik vir alle leerders in Suid-Afrika te maak. Hul ontwikkel opvoedkundige produkte en dienste wat Afrikaanse leerders van alle gemeenskappe en ekonomiese agtergronde in staat stel om toegang tot wêreldklas onderwys te verkry. Hulle fokus op geakkrediteerde opleiding vir onderwysers, ’n verbeterde onderrig- en leermodel asook ’n digitale platform (Wolkskool).
  • Die WEET e-Naslaangids: ‘n digitale naslaanbron wat verseker dat die nuwe generasie op skool toegang het tot goeie gehalte, betroubare inligting in Afrikaans. Juis omdat veral laerskoolleerders inligting in hul moedertaal beter kan verstaan en verwerk. Hierdie platform word voortdurend aangevul en uitgebrei.
  • Die nasionale Skooltassie-projek, wat sedert 2007 tassies, met die nodige skryfbehoeftes, in behoeftige graadeentjies se hand plaas.
  • Die Pionierskool vir Siggestremdes: Hierdie skool fokus sterk op toeganklikheid van lees- en leermateriaal vir blinde en swaksiende kinders en volwassenes. Dié skool het al ‘n hele paar goue gunstelingstories, sowel as blinknuwes, in die vorm van grootdruk, braille en klankopnames beskikbaar te stel aan siggestremdes wat dit gate uit geniet.

Die Helpende Hand Noodfonds Josef Silo’s: Dié projek staan individue, gesinne, instansies en organisasies wat in hongersnood verkeer by. Hulle voorsien kospakkies, maar gaan ook een stap verder deur mense te bemagtig om na hulself om te sien. Elke persoon wat hier gehelp word, word deeglik en aan die hand van n maatskaplike werker geassesseer om pasgemaakte bystand en ondersteuning te verskaf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button