Local news

Munisipaliteit tree vinnig op toe meters gesteel word

Watermeters is vroegoggend in Potchefstroom gesteel. Die munisipaliteit het vinnig reageer om die skade te herstel.

Die plaaslike munisipaliteit het vinnig gespring nadat watermeters in verskeie gebiede in die dorp in die oggendure van 28 Mei gesteel is.

Die Herald het ‘n oproep gekry van water wat Woensdagoggend in Kockstraat spuit. Teen die Herald se aankoms op die toneel, was die munisipaliteit reeds besig om ‘n watermeter, wat glo omstreeks 03:00 gesteel is, te vervang.

Vroeër die oggend is ‘n gesteelde watermeter in Grimbreekstraat ook rapporteer.

Roelf van der Merwe van die munisipaliteit sê die meters word gesteel vir die geelkoper en dit word werlik ‘n probleem in die dorp.

“Meeste van die nuwe meters bevat nie eers meer geelkoper nie.”

Water wat in Kockstraat lek nadat die meter gesteel is.
Water wat in Grimbreekstraat lek nadat die meter gesteel is.
Munisiplewerkers vervang die meter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button