Local news

Munisipaliteit tree vinnig op toe meters gesteel word

Watermeters is vroegoggend in Potchefstroom gesteel. Die munisipaliteit het vinnig reageer om die skade te herstel.

Die plaaslike munisipaliteit het vinnig gespring nadat watermeters in verskeie gebiede in die dorp in die oggendure van 28 Mei gesteel is.

Die Herald het ‘n oproep gekry van water wat Woensdagoggend in Kockstraat spuit. Teen die Herald se aankoms op die toneel, was die munisipaliteit reeds besig om ‘n watermeter, wat glo omstreeks 03:00 gesteel is, te vervang.

Vroeër die oggend is ‘n gesteelde watermeter in Grimbreekstraat ook rapporteer.

Roelf van der Merwe van die munisipaliteit sê die meters word gesteel vir die geelkoper en dit word werlik ‘n probleem in die dorp.

“Meeste van die nuwe meters bevat nie eers meer geelkoper nie.”

Water wat in Kockstraat lek nadat die meter gesteel is.
Water wat in Grimbreekstraat lek nadat die meter gesteel is.
Munisiplewerkers vervang die meter.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Smith

As a passionate journalist and photographer, I strive to tell meaningful stories through both words and images. With a keen eye for detail and a love for people and their stories, I aim to capture the heart of every moment and bring local news and community stories to life.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button