Local news
Tokkie wys skaakvernuf in Kenia
Altesaam 12 lande van Afrika het in die kompetisie deelgeneem.
Philip Gouws, ‘n leerder van Laerskool Mooirivier, het onlangs aan die Afrika Skaakkampioenskappe vanaf 22 Mei tot 29 Mei in Mombasa, Kenia deelgeneem.
Dit was ‘n baie groot toernooi met meer as ‘n 1000 spelers verteenwoordig vanaf 12 lande in Afrika. Philip het baie goed presteer en 5 van sy 9 rondtes gewen.
“Ons is baie trots op Philip. Dis ‘n besonderse en puik prestasie! Welgedaan Philip,” het die skool op sosiale media gesê.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



