Local news

Watertoevoeronderbrekings ná pompstasie-oorstroming, herstel

Watertoevoer is weer n die geaffekteerde areas herstel.

Die JB Marks Plaaslike Munisipaliteit wil graag inwoners op hoogte hou van die onlangse oorstromingsvoorval by die Ventersdorpweg-hoofwaterpompstasie, wat veroorsaak is deur ‘n meganiese fout op Pomp 1.

“Ons is bly om te rapporteer dat die pompstasie gisteraand ten volle herstel en weer in werking gestel is,” het Jeanette Tshite, munisipale woordvoerder gesê.

“’n Omvattende inspeksie het bevestig dat alle meganiese en elektriese toerusting in ‘n goeie werkende toestand is en ten volle in staat is om normale bedrywighede te hervat.”

Gebiede wat deur die ontwrigting geraak is, sluit in Dassierand, Kannoniers Park, Witrand-hospitaal, Promosa, Mohadin en die westelike dele van Ikageng (alle uitbreidingsgebiede).

“Ons vra opreg om verskoning vir die ongerief wat veroorsaak is en waardeer die geduld en begrip wat deur inwoners gedurende die ontwrigtingstydperk getoon is.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button