Local news
Potchefstroom Herald gee terug op Mandeladag
Die doel van die dag was om tyd saam met die inwoners van Safe Haven te spandeer.
Die Potchefstroom Herald het teruggee aan die gemeenskap deur op Mandeladag, 18 Julie, die inwoners van Safe Haven te besoek en te bederf.
Safe Haven is ‘n dagsorg, verligtingssorg en residensiële sorg vir bejaardes. Die Herald-span het die inwoners bederf deur vir hulle koffiebekers gevul met lekkergoedjies soos droëwors, beskuit en koffie te vat. Daar was ook vir elke inwoner versnaperinge en kolwyntjies uitgedeel. Die span het tyd geneem en met die inwoners gesels.
Die Herald wil graag die volgende besighede vir hulle bydrae bedank:
CSA Fire Pixel & Print
Pick n Pay Hoffpark
Homestead Butchery
Mako Attorneys.
Kyk na die fotos hier:
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!











