Local newsSportSport

Gimmies se eerste krieketspan Skitter met goeie oorwinnings

Gimmies se eerste krieketspan het vakansievelde oorheers met ses oorwinnings uit agt wedstryde. Uitstaande spel deur Lukas Kotze, Christivan Coetzer en Jahndré Coetzee het gehelp om hul naam hoog te hou.

Die eerste krieketspan van Gimmies het die vakansie met ’n indrukwekkende reeks vertonings afgerond. Met ses oorwinnings uit agt wedstryde het die span hul krieketvernuf gewys.

Na ’n sterk begin by die NWU-toernooi het die span hul momentum na Nelspruit geneem, waar hulle aan die gewilde Mozzieweek deelgeneem het. Gimmies het hier teen van die land se top skole kragte gemeet, insluitend Hoërskool Nelspruit, Waterkloof, Centurion en Windhoek Afrikaanse Hoër. Hulle het drie van die vier wedstryde gewen. Ulrich Botha het 80 lopies teen Nelspruit geslaan, Christivan Coetzer het ’n honderd (103) teen Windhoek aangeteken, en Caiden Seleka het 78 lopies teen Centurion geslaan. Gimmies het Nelspruit met 63 lopies geklop, Windhoek met 117 lopies gewen, en teen Centurion met ses paaltjies geseëvier. Die enigste nederlaag was teen Waterkloof.

Die span het hul uitstekende vorm voortgesit in ’n tweede toernooi en nóg vier wedstryde gespeel. In die wedstryd teen HTS Middelburg het Middelburg 123/10 aangeteken, met Damian Kruger wat twee paaltjies geneem het. Gimmies het met gemak gereageer en 125/3 aangeteken, met Lukas Kotze wat 60 lopies geslaan het. Die span het dus met sewe paaltjies gewen. Teen HS Zwartkop het Gimmies 117/9 aangeteken, waarvan Lukas Kotze 43 bygedra het. Zwartkop het egter 118/3 aangeteken en die wedstryd met sewe paaltjies gewen.

Teen HS Kemptonpark het Gimmies 285/4 aangeteken dit was ’n besonderse kollektiewe poging waarin Christivan Coetzer 100, Lukas Kotze 50, en Bennet Keet en Ulrich Botha elk 44 lopies aangeteken het. Kemptonpark het teruggeveg met 279/6, maar Damian Kruger se drie paaltjies het gehelp om die wedstryd met ses lopies te beklink. In die wedstryd teen Heidelberg Volkskool het laasgenoemde 195/10 aangeteken, met Jahndré Coetzee wat ’n uitstekende vyf-paaltjie beurt gehad het. Gimmies het 198/8 aangeteken met Lukas Kotze wat 64 lopies bygedra het, wat tot ’n oorwinning met twee paaltjies gelei het.

In die laaste wedstryd teen Ikageng Invitational het Gimmies hul krag ten volle gewys en 336/8 aangeteken. Lukas Kotze het 107 lopies geslaan, Christivan Coetzer 66 en Henré Cronje 69. Ikageng is beperk tot 151/10, met Caiden Seleka wat drie paaltjies geneem het. Gimmies het die wedstryd met ’n indrukwekkende 185 lopies gewen.

Spelers soos Lukas Kotze, wat die meeste lopies in die toernooi aangeteken het, het uitgestaan. Christivan Coetzer was derde algeheel in die toernooi vir lopies, en Jahndré Coetzee vyfde vir paaltjies geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button