‘n Versteekte juweel op jou voorstoep
Plaaslike handgemaakte produkte, met liefde gemaak vir jou om te geniet!
Wanneer jy die perfekte geskenkie vir daardie spesiale persoon soek, is De Rooie Deur Geskenkwinkel net die plek vir jou.
De Rooie Deur Geskenkwinkel vier hulle 11de verjaarsdag en is nou sommer reg op jou voorstoep.
In samewerking met The Jukebox Restaurant, het De Rooie Deur van perseel verander sedert Desember 2023 en is reg langs The Jukebox op Die Koelte Tuin leefstylsentrum se terrein geleë.
“In die gejaagde lewe is dit die ideale plek om te kom sit, jou asem weer terug te kry, en jouself met iets mooi by De Rooie Deur te bederf.”
Marinda van der Merwe, eienaar van beide De Rooie Deur Geskenkwinkel en The Jukebox Restaurant, vertel dit is net die Here se genade, harde werk en lojale kliënte dat, ten spyte van baie uitdagings, De Rooie Deur dit tot by hulle 11de verjaarsdag gemaak het en nou net vorentoe gaan.
Hierdie enig-in-sy-soort geskenkwinkel spog met veral plaaslike, handgemaakte produkte. Hulle is ook ‘n trotse ambassadeur van die gewilde Ruah – Wees Gekoester lyfreeks.
Die atmosfeer op De Rooie Deur se stoep is een van vrede. Wanneer jy voel jy wil eerder onder ‘n koelteboom sit en deur ‘n liefdevolle katte-kind besoek word, is The Jukebox Restaurant net ‘n klipgooi weg. Ja, hulle is dierevriedelik!
Jy kan tot en met 31 Julie uitsien na spesiale aanbiedinge, maar die groot verjaarsdagviering sal op 26 Julie plaasvind. Jy sal dan die geleentheid kry om ‘n lootjie te trek en geskenke van groot tot klein te wen.
Jy kan De Rooie Deur Geskenkwinkel en The Jukebox Restaurant op Die Koelte Tuin leefstylsentrum se terrein by 35 Paryslaan Baillie Park in Potchefstroom, vind.
Plaaslike handgemaakte produkte, met liefde gemaak vir jou om te geniet!



