Local news

NWVLU hou 30ste kongres in Potchefstroom

Die dames het van oor die hele streek bymekaar gekom om hierdie ongelooflike dag by te woon.

Wat `n wonderlike geleentheid was die Noordwes VLU kongres gewees. Dit was die 30ste kongres wat die streek aangebied het en ook die streek se verjaarsdag.

Die saal was getooi in pers en wit. Alles was van die hoogste gehalte gewees. Die trofeë het geskitter voor die verhoog. Net so het die dames met blink oë uitgesien om die trofeë in die betrokke afdeling wat gewen het te kon vashou.

Daar was verskeie onderwerpe gewees soos breiwerk, hekel, perservering, blomme, handvlyt, masjienwerk, gebak, skryfkuns en handborduurwerk.

Die dames het van oor die hele streek bymekaar gekom om hierdie ongelooflike dag by te woon. Ongeveer 120 dames het saamgetrek om die dames se artikels wat tot hierdie vlak deurgekom het, te ondersteun en te besigtig.

Edith Ingwersen van die Die Wilgertak het geopen met `n verwerking van Psalm 23, wat uitstekend by die geleentheid gepas het.

Mnr. Johan Bezuidenhout van NWK, een van die kongres se hoofborge, was ook daar gewees. Bezuidenhout se toespraak het gehandel oor “Ons kinders, ons toekoms.”

Die spreker vir die kongres was Marli Coetzee van Viva wat lede kom spreek het oor Afrikaans as taal.
Mev. Gerda Swart, president van die NWVLU was teenwoordig so ook Mev. Cindy Coetzee die SA president van die VLU. Mev Gerda Swart het die dag se verrigtinge gelei.

Agter: Madeleine van Heerden (NW Skakelbeampte), Thea du Rand
(Notuleklerk) Maatjè Hobson(NW Beoordeelaar en Sameroepster), Elize Schutte (Sonneblom streekvoorsitter) en Tienie Lewis (NW Sekretaresse).
Voor: Hester Koegelenberg (Visepresident en Verwes Streekvoorsitter), Gerda Swart (NWVLU President) en Louise Herbst (Platina Streekvoorsitster).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button