Local news
Bloedmaan boei Potchefstromers tydens maanverduistering
Die meeste plekke op Aarde kan verwag om ongeveer een keer elke 2.5 jaar 'n totale maanverduistering te sien.
Vanaf 19:30 op 7 September het ‘n totale maansverduistering of bloedmaan, die naghemel rooi geverf en Potchefstromers met die buitengewone pragbeeld vasgenael.
Die maansverduistering wat die volmaan rooi kleur, kon regoor die wêreld aanskou word.
Soos die maan deur die aarde se skaduwee beweeg, neem dit ‘n dieprooi kleur aan, wat ‘n treffende “bloedmaan” skep.
Die fenomenale gebeurtenis kon vir 1 uur en 22 minute aanskou word. Potchefstromers het gereed gestaan met hul kameras.
Hier is paar van die pragtige foto’s wat inwoners van Potchefstroom van die bloedmaan geneem het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!










