Ouma Sarie kuier spesiaal in Promosa
Hy was so verbaas en opgewonde om vir Ouma Sarie te sien.
Ouma Sarie (Moses Williams) is ‘n sosiale media persoonlikheid wat op platforms soos TikTok verskyn. Sy is bekend vir haar reguit praat, no-nonsense persoonlikheid en vermoë om deur die lewe se drama te navigeer.
Ouma Sarie het onlangs in Promosa kom kuier. Na ‘n stampvol vertoning op 6 September het Ouma Sarie spesiaal op Sondag by Miguel Drift, ‘n seun met downsindroom in Promosa gaan kuier. Ouma Sarie is Miguel se held en hy en sy ouers mis nie een episode nie.
Glenville Boeda Fransman, ‘n gemeenskapsleier, was een van die mense wat reëlings getref het om dit moontlik te maak vir Miguel om sy held te ontmoet.
“Hy was so verbaas en opgewonde om vir Ouma Sarie te sien. Hy het sommer ook sy japon gaan aantrek,” vertel Fransman.
“Dit was vir my so wonderlik om te sien. Die doel was om ‘n verskil in ‘n kind se lewe te maak. Hy het dit so baie geniet en sy ouers ook. Ek dink nie rolmodelle besef altyd watter verskil hulle in jongmense se lewens maak nie,” meen Fransman.



