Local news

Niemand was diens geweier nie verduidelik munisipaliteit

Volgens Anneke was dit nie die eerste bejaarde wat weggewys is terwyl sy daar gestaan het nie.

Die JB Marks munisipaliteit ontken dat enigiemand diens by die Potchefstroom lisensiekantore geweier is.

Dit nadat ‘n video op sosiale media gedeel is waar ‘n beampte by die Potchefstroom verkeersdepartement op 30 September glo geweier het om ‘n pensionaris te help nadat hy soos almal in die ry gestaan en wag het.

Jeanette Tshite, munisipalewoordvoerder, sê die betrokke bejaarde man is nie diens geweier nie.

“Die voorval het ontstaan ​​uit ‘n misverstand rakende die toustaanstelsel by die Lisensiëringsafdeling. Ons Lisensiëringsafdeling het ‘n aangewese tou vir senior burgers, waar stoele voorsien word om te verseker dat hulle nie vir lang tye staan ​​nie. Die bejaardes in die video is na die spesifieke aangewese tou verwys. Ongelukkig het die video wat versprei is, ‘n misleidende indruk of verdraaide weergawe gegee dat ‘n diens geweier is, wat nie die geval was nie.”

Jeanette gaan voort om te sê om verder doeltreffende diens te verseker, word kassiere van ander afdelings aangewys om te help wanneer senior burgers se tou lank word om die proses te bespoedig.

“Die munisipaliteit bly daartoe verbind om alle inwoners, veral bejaardes, met waardigheid en respek te behandel.”

Die video is deur Anneke Pretorius geneem en op sosiale media geplaas. Sy het daardie dag self in die ry gestaan en wag.

Kyk na die video hier:

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Smith

As a passionate journalist and photographer, I strive to tell meaningful stories through both words and images. With a keen eye for detail and a love for people and their stories, I aim to capture the heart of every moment and bring local news and community stories to life.

Related Articles

Back to top button