Local news

Ventersdorp inwoners moedeloos met munisipaliteit

Gemeenskapslede eis direkte antwoorde van die munisipaliteit af.

Inwoners van Ventersdorp het op 3 en 4 November hul ongelukkigheid uitgespreek oor die gebrek aan munisipale dienste. Die gemeenskap is moedeloos en het glo nie meer vertroue in die munsipaliteit nie.

Verskeie inwoners het die strate ingevaar en betoog vir beter dienslewering. Die munisipale kantore is Maandag in Ventersdorp deur gemeenskapslede gesluit terwyl hulle antwoorde op voortdurende water- en kragprobleme geƫis het.

Daar was glo ook sprake dat munisipale voertuie gebrand sou word indien hulle op die pad gevind is. Volgens Modise Molefe van Ventersdorp, is die munisipaliteit opdrag gegee om hulle voertuie teen 17:00 Maandag by die munisipale erf terug te besorg, anders sal hulle na bewering die risiko loop om verbrand te word.

Gemeenskapslede eis ook dat top munisipale amptenare na Ventersdorp kom om die blywende kwessies aan te spreek.

Die Herald het by die plaaslike munisipaliteit navraag gedoen, maar ten tyde die publikasie, nog geen terugvoer ontvang nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button