Local news

Braaf in pers broekies vir kanker

'n Groep mans van Potchefstroom het Vrydag hulle pers speedos aangetrek en 5km gedraf om bewustheid oor prostaat- en testikulêre te verhoog.

Die brawe mans van Potchefstroom het 31 Oktober hulle helder pers broekies aangetrek en die strate aangedurf om bewustheid oor prostaat- en testikulêre kanker te verhoog.

In die Noordwes is groepe vreeslose, Speedo-geklede hardlopers in Mahikeng en Potchefstroom gesien. Vir die 16de jaar het die Hollard Daredevil Run weereens sy merk gemaak en mans van elke provinsie in die stryd teen manlike kankers saamgebring.

Hierdie wedlope het getoon dat waar die Hollard Daredevil Run ook al gaan, die boodskap van vroeë opsporing, lewensreddende siftingstoetse en die verhoogde bewustheid van prostaat- en testikulêre kankers landwyd weerklink.

Duisende mans het ook by Zoo Lake in Johannesburg bymekaargekom, waar die hoofwedloop elke jaar plaasvind. Verteenwoordigers van die Prostaatkankerstigting en die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa), langdurige vennote van die Daredevil-wedloop en begunstigdes van al die ingesamelde fondse wat aangewend word vir die verhoging van bewustheid en ondersteuning, sowel as toetsing in gebiede met min hulpbronne, was by hierdie geleentheid.

“Verlede jaar alleen het ons 1 000 PSA-toetse uitgevoer, 649 gesondheidsorgpersoneel opgelei en uitreikprogramme in landelike en onderbediende gebiede aangebied. Hierdie befondsing is werklik lewensreddend en stel ons in staat om mans, sowel as hul gesinne, op te voed, te sif en te ondersteun om beheer oor hul gesondheid te neem,” sê Lorraine Govender, nasionale bestuurder van gesondheidsprogramme by Kansa.

“Die ikoniese pers Daredevil Speedo het ‘n simbool van hoop geword. Ons kon nie trotser wees op die impak wat dit het om bewustheid te verhoog, vroeë opsporing aan te moedig en uiteindelik lewens regoor Suid-Afrika te red nie,” sê Andrew Oberholzer, uitvoerende hoof van die Prostaatkankerstigting van Suid-Afrika.

Die manne het Vrydag om 15:00 by Padlangs weggespring en ‘n 5km wedloop voltooi waarna hulle ‘n yskoue bier geniet het.

Kyk na die fotos hier:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button