Potchefstroom Gimnasium presteer goed by Noordvaal semi-finaal
Juvan is as Speler van die Wedstryd aangewys.
Potchefstroom Gimnasium se o15A-seuns het onlangs vir Hoërskool Waterkloof in die Noordvaal semi-finaal geklop.
Waterkloof het besluit om eerste te kolf. Gimmies se boulers het hulle egter vir 97 lopies uitgehaal en met vier paaltjie gewen. Juvan Botes (5/11), Pieter Scholtz (2/18), Casey Lues (28*) en Heinru Cato (22). Juvan is as Speler van die Wedstryd aangewys.
Gimmies se eerste span dogters het egter met vyf paaltjies teen Hoërskool Driehoek verloor.
Potchefstroom Gimnasium het in hierdie wedstryd eerste gekolf, maar is almal vir 77 uit. Tinique Vermaak (1/4), Somé Cromhout (1/9), Carli du Plessis (1/10), Charlé Strydom (22*) en Tinique Vermaak (15).



