Local newsSport
Gimmies is nuwe Noordvaal-kampioen
Spanwerk en deursettingsvermoë het vrugte afgewerp.
Potchefstroom Gimnasium se o15A-krieketspan is op 8 November as die Noordvaal-kampioene gekroon.
Gimmies het eerste gekolf en is deur Kemptonpark vir 134 almal uitgeboul. Met goeie spanwerk het Gimmies daarna vir Kemptonpark vir net 92 lopies uitgehaal en die wedstryd met 42 lopies gewen. Heinru Cato (42), Wico Cato (24), Dian de Bruyn (4/14), Pieter Scholtz (3/28) en Juvan Botes (2/15).
“Baie geluk aan elke speler en afrigter – julle harde werk, spanwerk en deursettingsvermoë het vrugte afgewerp” het die skool die span geprys.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



