Local news

Barbarians klop NWU Youngs in vriendskaplike kano polo

Die Barbarians het die jongelinge gewys wie is baas.

Op 8 November het die NWU Kanoklub ‘n laaste oefendag vir kano polo by die Fanie du Toit-sportgronde se swembad gehou.

‘n Aantal spelers uit Gauteng en Noordwes het kom saamspeel en om dinge lekker op te warm, is vier gemengde wedstryde gespeel waar spanne per loting saamgestel is om almal speelkans te gee asook nuwelinge aan die sport bloot te stel.

Dit alles was slegs in opbou tot die groot finaal, waar die huidige NWU-span (Youngs) gespeel het teen voormalige spanlede wat reeds afstudeer het – die Barbarians.

Die Barbarians het ‘n duidelike agterstand in terme van hul middeljarige “gewigsvoordeel” gehad, wat die bote bietjie laer in die water laat dryf het.

Tog was dit ‘n geval van ervaring oor jeugdige voortvarendheid, met die Barbarians wat die jongelinge met 7-1 kon afstof, oftewel afwas.

Ryan Gosling vir die Barbarians.
Nel Visagie van NWU.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button