Local news

Liggame gekry na riviertragedie

Die eerste liggaam is laat Woensdagmiddag in die rivier by Fickstraat gekry.

Al drie liggame van die mans wat verlede Sondag in die Vaalrivier naby die hangbrug in Parys verdrink het, is gekry. Die mans was van Potchefstroom.

Die tragiedie het hom tydens ‘n doopseremonie afgespeel en is daar sedert verlede Sondag onverpoosd na die liggame gesoek.

Die rivier loop baie sterk by die stroomversnellings by die klipplaat naby die brug waar die mans deur die water meegesleur is, en het dit die soektog bemoeilik.

Die eerste liggaam is laat Woensdagmiddag in die rivier by Fickstraat gekry. Die tweede liggaam is Donderdagoggend by die Mimosa Tuine uit die water gehaal. Kort daarna is die derde slagoffer gekry, sowat 200m van waar die eerste liggaam Woensdagmiddag deur lede die polisie se K9 Soek- en Reddingseenheid van Sasolburg gekry is.

Die tragedie het weer kommer laat ontstaan oor bewusmaking rondom veiligheid veral in riviere met die Feesseisoen en inisiasietydperk wat in Desember voorlê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button