Local news

NWU Koor se groot reünie is om die draai

Die koor hou reünie en 'n spesiale reüniekonsert vind plaas op die Potchefstroomkampus.

Die NWU Koor vier van 20 tot 23 November ’n merkwaardige 70-jaar reünie. Daar is reeds oor die 200 deelnemers wat van regoor die wêreld kom om saam te sing. Reëlings is in volle swang en die opgewondenheid loop hoog.

’n Hoogtepunt van die vieringe is die groot openbare optrede op Saterdag, 22 November, 18:30 waartoe die publiek hartlik uitgenooi word. Hierdie uitvoering beloof om ’n eens-in-’n-leeftyd-ervaring te wees, waar oud-vriende en koorlegende Awie van Wyk en Kobus Venter saam die verhoog betree.

“Ons sing ou bekendes, nuwe werke en liedere wat al vir 70 jaar in hierdie koor gesing is en in ons harte posgevat het – so die konsertprogram beloof of iets vir almal in die koor sowel as die gehoor te bied.”

“Ons nooi almal om hierdie besondere mylpaal saam met ons te vier en die NWU Koor in sy 70ste bestaansjaar te ondersteun.”

Die koor hou reünie en ‘n spesiale reüniekonsert vind plaas op die Potchefstroomkampus. Kom luister saam na geliefde koormusiek gesing deur die kooralumni in die ouditorium onder leiding van Awie van Wyk en Kobus Venter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button