Local news

NWU Koor se groot reünie is om die draai

Die koor hou reünie en 'n spesiale reüniekonsert vind plaas op die Potchefstroomkampus.

Die NWU Koor vier van 20 tot 23 November ’n merkwaardige 70-jaar reünie. Daar is reeds oor die 200 deelnemers wat van regoor die wêreld kom om saam te sing. Reëlings is in volle swang en die opgewondenheid loop hoog.

’n Hoogtepunt van die vieringe is die groot openbare optrede op Saterdag, 22 November, 18:30 waartoe die publiek hartlik uitgenooi word. Hierdie uitvoering beloof om ’n eens-in-’n-leeftyd-ervaring te wees, waar oud-vriende en koorlegende Awie van Wyk en Kobus Venter saam die verhoog betree.

“Ons sing ou bekendes, nuwe werke en liedere wat al vir 70 jaar in hierdie koor gesing is en in ons harte posgevat het – so die konsertprogram beloof of iets vir almal in die koor sowel as die gehoor te bied.”

“Ons nooi almal om hierdie besondere mylpaal saam met ons te vier en die NWU Koor in sy 70ste bestaansjaar te ondersteun.”

Die koor hou reünie en ‘n spesiale reüniekonsert vind plaas op die Potchefstroomkampus. Kom luister saam na geliefde koormusiek gesing deur die kooralumni in die ouditorium onder leiding van Awie van Wyk en Kobus Venter.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Smith

As a passionate journalist and photographer, I strive to tell meaningful stories through both words and images. With a keen eye for detail and a love for people and their stories, I aim to capture the heart of every moment and bring local news and community stories to life.

Related Articles

Back to top button