Local news
Familie opsoek na vermiste man
Die familie van 'n man wat op 4 November in Potchefstroom vermis geraak het, is bitter bekommerd oor hom.
Die familie van Alfred Mthembu (26) is bitter bekommerd oor waar hy homself bevind nadat hy op 4 November vermis geraak het.
Volgens ‘n familielid, Dora Mvane, is Alfred laaste deur sy ouma in Bapei, Promosa, extension 3 gesien.
“Sy ouma het vir hom R50 gegee om iets vir hom by die winkel te gaan koop. Hy is nie weer daarna gesien nie.”
Alfred het ‘n swart denim, rooi t-hemp en Allstar tekkies tydens sy verdwyning aangehad.
Die familie het hom op 21 November by die polisie as vermis aangemeld.
Indien jy weet waar Alfred homself bevind, kan jy vir Dora Mvane by 083 337 3280 of Sibusiso Mvane by 073 410 3736 skakel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



